Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika (inbunden)
Fler böcker inom
Format
With dust jacket
Språk
Afrikaans
Utgivningsdatum
2022-05-22
Förlag
Tafelberg Publishers Ltd
Dimensioner
240 x 170 x 15 mm
Vikt
500 g
ISBN
9780624092315

Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika

With dust jacket,  Afrikaans, 2022-05-22
313
Tillfälligt slut – klicka "Bevaka" för att få ett mejl så fort boken går att köpa igen.
Dié nuwe, opgedateerde uitgawe van die topverkoper Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes in deur gerekende nuwe skrywers, wat die storie van ons land en mense reg tot op datum bring. Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insigte uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef. Die boek begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en later trekboere en Voortrekkers. Dan kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van die politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloë in 1914 en in 1939 in Europa laat plaaslik nuwe kragte vry. Die boek vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang. Hierná val die soeklig op die demokratiese presidentskappe en die onverwagte en onvoorspelbare onlangse geskiedenis, wat staatskaping -- en beurtkrag -- insluit. Met die nuutste inligting en invalshoeke word die volledige storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.
Visa hela texten

Kundrecensioner

Fler böcker av författarna

Övrig information

Hermann Giliomee word internasionaal erken as voorste historikus van die Afrikaners. Hy het die prestigeryke Jan H Marais-prys verower, en The Economist het The Afrikaners uitgesonder as die beste geskiedenis van Suid-Afrika wat nog geskryf is. Sy baie boeke sluit in Die Afrikaners en Die laaste Afrikanerleiers, langdurige topverkopers. Bill Nasson is 'n emeritus professor in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch.Voorheen was hy verbonde aan die Univesiteit van Kaapstad, en hy was 'n genoot onder meer by Cambridge, Yale en die Universiteit van Illinois. Hy is 'n bekroonde skrywer en was redakteur van The Journal of African History.