Die banting-sakgids (häftad)
Format
Häftad (Paperback / softback)
Språk
Afrikaans
Antal sidor
184
Utgivningsdatum
2017-01-04
Förlag
The Penguin Group (SA) (Pty) Ltd
Antal komponenter
1
ISBN
9781776091652
Die banting-sakgids (häftad)

Die banting-sakgids

Häftad Afrikaans, 2017-01-04
109
Specialorder (osäker tillgång). Skickas inom 11-20 vardagar.
Fri frakt inom Sverige över 149 kr för privatpersoner.
Die Banting-oplossing, in samewerking met die Noakes-stigting en die "Eet Beter, Suid-Afrika!" - inisiatief, is nou beskikbaar in 'n gebruikersvriendelike sakpas-formaat! Danksy lesers se versoeke vir meer basiese resepte en 'n maklik hanteerbare formaat, is Die Banting-oplossing nou beskikbaar in 'n grootte wat elke sak sal pas. Hierdie gebruikersvriendelike boekie bevat al die wenke en raad wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl suksesvol te implementeer en om daarmee vol te hou. Die Banting-sakgids bevat 'n hoofstuk deur Banting se mees passievolle en gerespekteerde ondersteuner, prof. Tim Noakes; verskaf antwoorde op jou dringendste vrae; slaan mites wat oor Banting kop uitgesteek het die nek in; help jou om uitstekende maaltydplanne saam te stel; bevat Banting-vriendelike voedsellysies en resepte; leer jou hoe om te begroot sodat almal 'n Banting-leefstyl kan handhaaf; en nog baie meer. Maar nog belangriker: dit leer jou hoe om van daardie ekstra ponde ontslae te raak en hulle vir altyd weg te hou! Die Banting-sakgids, wat maklik in jou handsak of hempsak inglip, is net wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl aan die gang te kry!
Visa hela texten

Passar bra ihop

  1. Die banting-sakgids
  2. +
  3. Die banting-oplossing

De som köpt den här boken har ofta också köpt Die banting-oplossing av Bernadine Douglas, Bridgette Allan (häftad).

Köp båda 2 för 268 kr

Kundrecensioner

Har du läst boken? Sätt ditt betyg »

Bloggat om Die banting-sakgids

Övrig information

Prof. Tim Noakes het meer as 750 wetenskaplike publikasies en artikels op sy kerfstok. Hy is al meer as 16 000 keer in wetenskaplike literatuur gesiteer, het 'n H-index van 71 en is deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting as A1-wetenskaplike gegradeer. Nadat hy op navorsing afgekom het wat huidige internasionale dieetriglyne as 'n dwaling aan die kaak stel, en hy gefrustreerd geraak het nadat sy eie gesondheid agteruitgegaan het, het prof. Noakes navorsing oor die effek van koolhidrate, proteine en vette op die mensdom begin doen. Sy navorsing het hom oortuig dat 'n laekoolhidraat-, hoevet-dieet die gesondste alternatief vir baie mense is. Bernadine Douglas is die stigter van die Slender Slim 4 U-Banting-kliniekgroep. Sy bied ondersteuning en raad aan kliente deur persoonlike konsultasies en ook aanlyn via sosiale media. Bernadine werk vanuit 'n mediese praktyk in Kaapstad waar sy kliente sien vir persoonlike konsultasies en gewigsbestuur. Sy is 'n voedingsterapeut wat spesialiseer in dieet- en gewigsbestuur, sport- en oefeningsvoeding, asook in persoonlike- en kindervoeding. Bridgette Allan het haar loopbaan as geregistreerde verpleegster en vroedvrou begin. Sy beskik oor kwalifikasies in alternatiewe genesingsmodaliteite en het as deel van haar voortgesette professionele ontwikkeling kursusse in persoonlike en kindervoeding, asook voedingsterapie, voltooi. Sy bestuur 'n integrasiegebaseerde welstandspraktyk waar sy 'n holistiese benadering volg om kliente te help om leefstylsiektes die hoof te bied.