Leopold Scholtz - Böcker
Visar alla böcker från författaren Leopold Scholtz. Handla med fri frakt och snabb leverans.
5 produkter
5 produkter
225 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
Wie vandag se ANC, sy beleid en regeerstyl wil verstaan, moet feitlik ’n eeu terug begin delf. ’n Deel van die antwoord lê in sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die invloed van die kommunisme, asook die ANC/SAKP se optrede in ballingskap, skryf die politieke kommentator en historikus Leopold Scholtz. In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer. Die doel was om mettertyd die partyleiding oor te neem as deel van ’n beoogde revolusie in twee fases: ’n nasionaal demokratiese revolusie – ’n konsep wat steeds deel is van ANC-beleid – gevolg deur ’n Marxisties-Leninistiese “diktatuur van die proletariaat”. Volgens Scholtz sou dit ’n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring. Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was. Scholtz plaas die kollig op die dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid binne die ANC/SAKP in ballingskap, die korrupsie deur ’n deel van die leierskorps en die ernstige menseregtevergrype in die ANC se buitelandse kampe. Hy voer aan dat dit wat tans in Suid-Afrika op al drie regeringsvlakke gebeur ’n voortsetting is van ’n kultuur wat al tydens die alliansie se jare in ballingskap gevestig is.
370 kr
Skickas
214 kr
Tillfälligt slut
209 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
A shooting war is often followed by a second war. This war is not fought with bullets or artillery shells, not with tanks or bombers, but rather with words. The war is, in effect, fought again on paper. In 1987/88 the dusty southern Angolan town of Cuito Cuanavale became the scene of the final battles of the Border War. Today it is the focal point of the public debate over the question who actually won the war. The alliance of the Angolan MPLA government, Cuba and the Namibian freedom movement SWAPO claim that the South African Defence Force (SADF) wanted to use Cuito Cuanavale as a springboard for an advance on Luanda, but that they eventually forced the SADF to withdraw from Angola. This in turn helped to bring an end to apartheid, they contend. The leadership of the SADF, however, state that taking Cuito Cuanavale was never a serious objective and that they had no plans to overthrown the Angolan government. In recent years a mass of original SADF documents have been declassified. Leopold Scholtz interrogated these documents to establish what the true objectives of the SADF were in these final, crucial battles of the Border War. He also examines certain battles in the campaign and analyse why one side or the other won or lost. This incisive analysis is testament to what happens when war, politics and propaganda intertwine.
225 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
“Dit gebeur dikwels dat ’n skietoorlog deur ’n tweede oorlog gevolg word. Dié oorlog word nie met ammunisie of kartetse gevoer of met tenks en bomwerpers nie, maar met woorde. Die oorlog word as ’t ware op papier oorgeveg.” In 1987/’88 het die stowwerige klein Angolese dorpie Cuito Cuanavale die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog geword. Vandag is dit die fokuspunt van ’n openbare debat oor wie dan eintlik die Grensoorlog gewen het. Die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en die Namibiese bevrydingsbeweging Swapo voer aan dat die Suid- Afrikaanse Weermag (SAW) Cuito Cuanavale as afspringplek wou gebruik om die hoofstad Luanda in te neem, maar dat hulle die SAW gedwing het om uit Angola te onttrek. Dit het uiteindelik gehelp om ’n einde aan apartheid te bring, beweer hulle. Die SAW-leierskap handhaaf egter dat Cuito Cuanavale nooit vir hulle ’n ernstige doelwit was nie en dat hulle geen planne gehad het om die Angolese regering omver te werp nie. Tientalle SAW-dokumente oor hierdie tydperk is onlangs gedeklassifiseer. Leopold Scholtz het dit bestudeer om vas te stel wat die ware doelwitte van die SAW in hierdie finale, beslissende gevegte van die Grensoorlog was. Hy bespreek ook sleutelgevegte en ondersoek waarom een kant of die ander gewen of verloor het. Die boek getuig van wat gebeur wanneer oorlog, politiek en propaganda met mekaar vervleg raak.