African Stories: Once Upon a Giraffe
103 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
103 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
45 kr
Läs direkt efter köp
Inspired by traditional animal stories from Africa, find out WHY Giraffe has a long neck.Once upon a time, Giraffe''s neck was quite short. Until the hartebeests wouldn''t share their lunch, so Giraffe had to STRETCH to reach the juiciest leaves! A vibrant animal adventure perfect for curious little ones. Written by the award-winning Ken Wilson-Max and illustrated by Tumi Steyn.Other titles in the African Stories series: Once Upon a Lion, Once Upon a Zebra, Once Upon an Elephant and Once Upon a Hippo.
103 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
58 kr
Läs direkt efter köp
Minki het twee beste maats - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek.
Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in.
Minki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar dis is net een probleem … die perdrykompetisie en die danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van ’n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?
58 kr
Läs direkt efter köp
Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het.
Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop!
Gelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …
58 kr
Läs direkt efter köp
Minki en haar maats is opgewonde oor die skoolkonsert wat voorlê. Hulle klas gaan Aspoestertjie opvoer, en dit gaan fantasties wees! Minki en Natalie is seker Lara gaan die hoofrol kry. Sy kan baie goed dans, en boonop is Aspoestertjie haar gunsteling-sprokiesprinses. Hulle kan nie wag om te sien hoe sy in haar droomrok lyk nie! Maar by die oudisie loop dinge onverwags skeef … Gaan Minki dit regkry om soos ’n regte Goeie Fee haar towerstaffie te swaai en die konsert te red?
58 kr
Läs direkt efter köp
Minki en haar maats sien al weke lank uit na die skool se avontuurkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Boonop is daar allerhande lekker uitdagings waaraan hulle kan deelneem. Dit klink na vet pret! Maar Danika is vasbeslote om weer dinge vir Minki-hulle so goor as moontlik te maak. Sy besluit dat haar span as die Kampkampioene gekroon gaan word en dat niks in haar pad gaan staan nie. Nie eens al beteken dit sy moet vuil speel nie …
360 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
55 kr
Läs direkt efter köp
Lara se danseksamen is om die draai. Sy oefen al weke lank vir die groot dag! Minki en Natalie kan nie wag om haar in aksie te sien op die verhoog nie.
Maar dan loop dinge onverwags skeef, en Lara se dansdrome is – vir eers – daarmee heen. Minki en Natalie weet nie hoe om hulle beste maat op te beur nie.
Maar een van Minki se gunstelingboeke gee haar ’n plan …
55 kr
Läs direkt efter köp
Minki en haar maats is baie opgewonde toe hulle ’n onverwagse besoeker kry. Hulle ontdek ’n oulike katjie in die tuin. Waar kom sy vandaan, en sal hulle haar kan help om weer haar huis te kry? Hulle sal egter vinnig ’n plan moet maak, want Minki se hond, Spaghetti, hou glad nie van dié nuwe kuiergas in die huis nie! Intussen kry Minki ’n nare verrassing toe haar klas ’n belangrike projek moet doen … Kort voor lank waai die hare behoorlik!
55 kr
Läs direkt efter köp
Minki se verjaardag is om die draai. Sy mag kies – wil sy ’n present hê of ’n partytjie hou?
Minki wil baie graag haar kamer mooi maak … maar sy wil ook nie die kans laat verbygaan om vir haar maats ’n lekker partytjie te hou nie!
Twee spesiale besoekers by die skool krap egter al haar planne deurmekaar … en gee haar ’n baie oulike verjaardag-idee.
Maar dit lyk of Danika haar bes gaan doen om te sorg dat Minki ’n goor verjaardag het …
55 kr
Läs direkt efter köp
’n Pretdraf? Dit klink na groot pret! Minki kan nie wag om saam met haar twee beste maats deel te neem nie.
Maar Danika gaan ook vir die pretdraf inskryf en sy is van plan om te wen … selfs al beteken dit sy moet ’n nare poets bak om te sorg dat Minki-hulle nie die wedloop kan klaarmaak nie.
Kort voor lank lyk dit of die pretdraf glad nie meer pret gaan wees nie …
103 kr
Tillfälligt slut
101 kr
Tillfälligt slut