Yolandi Prins – illustratör
64 kr
Läs direkt efter köp
Mamma stuur vir Mila en Pappa winkel toe om melk te gaan koop. Wat gewoonlik ’n vervelige en voorspelbare uitstappie is, word ’n onvergeetlike avontuur. Hulle ry op ’n eenhoring, vlieg in ’n ruimtetuig, koop kos vir Mila se troeteldraak en kom soos wafferse superhelde tot die redding toe ’n reuse-toring blikkieskos amper omval. Daar is net een probleem – hulle het sowaar die melk vergeet!
---
Mum sends Mila and her dad to the mall to buy some milk. What would usually be a boring and predictable trip turns into an amazing adventure where they ride on a unicorn, fly in a space ship, buy some dragon food for Mila’s pet dragon and buy superhero gear and save the day in the supermarket. There is just one problem – they forgot the milk!
45 kr
Läs direkt efter köp
Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik.
Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe.
Hulle bure help om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos ‘n ware tuiste.
45 kr
Läs direkt efter köp
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem.
Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …