Albert Blake – författare
Visar alla böcker från författaren Albert Blake. Handla med fri frakt och snabb leverans.
2 produkter
2 produkter
Häftad, Afrikaans, 2010
229 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
Tydens die Anglo-Boereoorlog was dit nie net Boer teen Brit nie, maar ook Boer teen Boer. Etlike burgers van die Boere-republieke het as joiners by die Britse magte aangesluit, terwyl ander inligting oor die Boeremagte aan die vyand verskaf het. Die straf vir die verraad? Die dood.
Häftad, Afrikaans, 2021
243 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk teenkanting teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog het Afrikaners só aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na sy stigting by die 300 000 lede gehad het. In die vroeë 1930’s was Van Rensburg egter nog deel van die regering en het ’n blink politieke toekoms vir hom gewink. Hy was die jongste Justisiehoof voordat hy as die jongste administrateur van ’n provinsie aangestel is. Hy was ook ’n regsgeleerde, filosoof, taalkundige en taalstryder, bekwame burokaat, militaris, boer, wildjagter en hengelaar. Sy lewensverhaal strek oor sewe dekades en hy was by al die belangrikste historiese gebeure van 20ste eeu betrokke - van die Anglo-Boereoorlog tot die apartheidsregering. Dit is ’n tydperk waartydens talle “ismes” hoogty gevier het: imperialisme, nasionalisme, nasionaal-sosialisme, kapitalisme, kommunisme en rassisme. In die verlede is besprekings van Van Rensburg meestal beperk tot sy rol as OB-leier, terwyl hierdie boek ook gaan ondersoek instel na sy rol in die totstandkoming van die apartheidsbewind. Dit is minder bekend dat hy in die vroeë 1950’s as kommissaris van die Groepsgebiederade – ’n ankerpunt van apartheidsbeleid – aangestel is. Sy konflik met die verantwoordelike minister, PW Botha, het tot sy bedanking gelei. Van Rensburg word dikwels as ’n verbete Afrikaner-fascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In vele opsigte was hy dalk eerder ’n gerieflike sondebok vir die Smuts- en Nasionale Party-regerings.