Karin Brynard – författare
Visar alla böcker från författaren Karin Brynard. Handla med fri frakt och snabb leverans.
3 produkter
3 produkter
Häftad, Afrikaans, 2009
262 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
Plaasmoorde het nooit juis vasstrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie - maar dan word Freddie Swarts, 'n dertigjarige opkomende skilder, en haar aangenome dogter aaklig vermoor. Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om 'n nuwe veediefstal-eenheid op die been te bring, moet die hoeprofiel-plaasmoord oplos. Maar daar's komplikasies. Een van hulle is Saar Swarts, die vermoorde Freddie se suster. Buiten skok en hartseer probeer Saar ook haar skuldgevoel jeens haar suster verwerk. In die proses kom sy af op Freddie se skilderye waarin sy haar eie moord in skokkende realiteit uitbeeld, en ontdek sy briewe van 'n regse politieke groep met doodsdreigemente teen Freddie. Boonop begin sy vermoed dat Freddie se nuwe voorman nie is wie hy voorgee om te wees nie. Saar se grootste uitdaging raak nou om die res van die mense om haar te oortuig dat die moord op Freddie en haar kind nie 'n plaasmoord in die "gewone sin van die woord" was nie. En sy sweer sy sal nie rus voor sy nie die ware moordenaar/s opgespoor het nie. Beeslaar, daarenteen, se grootste stryd is teen homself: Hy's net nie meer die gatskop-polisieman van vroeer nie...Kort voor lank word hy en Saar ingetrek by bisarre gebeure soos die moord op 'n bobbejaan, 'n veediefstal-sindikaat wat sangoma's inspan, 'n groep boere-vigilantes wat oorlog verklaar teen die geweld in die land...En uiteindelik nog 'n moord...
Häftad, Afrikaans, 2012
262 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
'n Huisroof loop skeef in 'n miljoenersbuurt van Stellenbosch. Die slagoffer, 'n aantreklike rooikopvrou, se vernielde lyk word na skool deur haar kinders ontdek. Kaptein Albertus Markus Beeslaar besoek die pragtige Bolandse dorp van gewels, geld en wyn en word teen sy sin betrek by die moordondersoek. Saam met die formidabele luitenant Vuyukazi "Vuvu" Quebeca word elke kultuur- en geldklip in die "fraai" dorp omgedop op soek na die moordenaar. Eenduisend-vyfhonderd kilometer noord van Beeslaar beland sersant Johannes Ghaap in Soweto - 'n lewensgevaarlike plek vir buitestanders ...soos Ghaap. Maar daar's nie tyd om behoorlik ingebreek te raak nie, want Ghaap moet gaan soek na 'n vrou en haar kind wat in 'n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sinkhuisies aangehou word. In die proses moet hy 'n bose sangoma genaamd The Father aandurf, 'n man met so 'n wrede reputasie dat die meeste mense glo hy is 'n blote versinsel ...
Häftad, Engelska, 2018
263 kr
Skickas inom 3-6 vardagar
Shortlisted for Crime Writers' Association International Dagger 2019Traumatic stress causes Inspector Albertus Beeslaar to trade tough city policing for a backwater posting on the edge of the Kalahari Desert. But his dream of rural peace is soon shattered when a beautiful and eccentric artist and her four-year-old daughter are found murdered on a local farm.Brooding. Riveting. Brilliant.Deon Meyer, author of Dead at DaybreakThis arresting English-language debut validates Karin Brynard’s reputation as ‘The Afrikaans Stieg Larsson.’ An outstanding thriller.BooklistCrime fiction doesn't get any better.Mike Nicol, author of PaybackKarin Brynard has established herself as one of a handful of great thriller writers in South Africa.Mail & Guardian