Schalkie van Wyk – författare
Visar alla böcker från författaren Schalkie van Wyk. Handla med fri frakt och snabb leverans.
3 produkter
3 produkter
Häftad, Afrikaans, 2011
242 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
In Eiland van geheime beland kinderoppasser Marne op Flaminke-eiland. Dis 'n eiland vol tergende geheime, maar ook liefdesmoontlikhede, want sy moet kies tussen twee interessante mans. In Reenboog van jou hart is Lanja ontnugter deur die liefde. Dan ontmoet sy die skugter argitek Rosseau, en hulle word dadelik vriende. Maar wat voer sy besonder aantreklike broer, Benno, in die mou? Is hy die gewetenlose rokjagter wat almal se hy is? En in Bittersoet verlange dring Leandri se ryk ouma daarop aan dat sy verloof moet raak aan hul huisvriend Mauritz. Maar Leandri vermoed hy's eintlik verlief op haar vriendin Anina. Net toe kom 'n geheimsinnige vreemdeling by hul huis aan...
Häftad, Afrikaans, 2012
242 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
Die verhale in hierdie omnibus is: Drome van liefde: Rondom die verbreking van Sanet se verlowing met Nardus is daar 'n donker geheim wat sy tot elke prys wil bewaar. Sy sal nooit weer 'n ernstige verhouding met enige man aanknoop nie. Toe sy dus agterkom dat haar baas en beste vriend, Tertius, ernstig voel oor haar, besluit sy om te vlug. Erens is daar liefde: Lara en Wiehahn se paaie kruis keer op keer. Maar waarom wil hy nie vir haar se wat sy van is nie? En wat wil hy van haar he as hy so seker is dat die liefde en die huwelik net 'n bedrogspul is? Vlam van verlange: Carli van Eeden is op twee-en-twintig die enigste erfgenaam van die Van Eeden-miljoene. Maar moet sy met buurseun Vincent trou of sal sy by Meyer, 'n eenvoudige motorwerktuigkundige, haar sprokiesliefde vind? Dit blyk egter dat Meyer geheime met hom saamdra.
Häftad, Afrikaans, 2013
244 kr
Skickas inom 5-8 vardagar
In Die grondbaron koop Erika en haar kunstenaarbroer, Henno, 'n praghuis op hul tuisdorp van weleer met die plan om 'n losieshuis daarvan te maak. Weldra blyk dit egter dat die verkoper se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl hul geld terugbetaal word, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as 'n soort huishoudster. Wilhelm is boonop uiters hubaar, maar daar is ander vrouens wat hul flikkers vir hom gooi ...Somer van betowering is die boeiende verhaal van Elbie se liefde vir haar ouer suster se kleintydmaat, Luan, en sy weiering om dit te glo, totdat dit byna te laat is. Dit neem die leser mee op 'n reis wat vertel van onselfsugtigheid, alleenliefde, waagmoed - en uiteindelik: betowering. En in Meisie in die reen sien Marli na tien jaar weer vir Hilgard, en besef met 'n skok dat haar tienerliefde vir die man in die dieper liefde van 'n vrou verander het. Maar Hilgard behandel haar steeds soos sy klein "asjas" wat hy teen die lewe moet beskerm.Hulle keer saam terug na Groeneweide, waar die wyse tant Alma Marli onder haar vlerk neem - veral toe Marli uitvind dat die flerrie van 'n Ulricke Starck haar verleidelike net wyd gespan het vir Hilgard.